DATUM OP AANVRAAG
‘n Heerlike toer van begin tot einde! Augrabieswaterval word besoek. By Onseepkans gaan ons Namibië binne. Langs minder bekende paaie volg ons die kronkeling van die Oranjeriver tot by Noordoewer. Verby Aussenkehr, deur die Richtersveld Ai-Ais Oorgrenspark, bereik ons Luderitz. Kolmanskoppe, Garub se Woestynperde, Duwisib Kasteel, Sesriem en Sossusvlei sorg vir hoogtepunte. By Goghas kuier ons vir oulaas in Namibië, voor ons die grens oorsteek by Mata Mata in die Kgalagadi Oorgrenspark waar ons nog twee aande kuier.
(NB. Paspoorte word benodig)