Hartenbos

18 - 25 Mei 2021

8 DAE  |  7 NAGTE

 

‘n Heerlike week van rus in die geliefde Hartenbos. Drie daguitstappies word onderneem met opsionele aktiwiteite: George (transportmuseum en Power Van), Sedgefield (plaasmark), Knysna en omgewing, asook Mosselbaai (Karveel, Punt, bootvaart na Robbe Eiland). Hierdie week gaan u u eie pas bepaal en doen wat net lekker is – swem, stap, lees, “mall-crawl”, slaap, staar oor die see en roomys eet na harte lus!

kontak ons

2022

Scottburgh Seevakansie (word jaarliks afgewissel met Hartenbos)

‘n Weeklange vankansie in woonstelle op die strandfront met asemrowende sonsopkoms tonele  oor die Indiese Oseaan. Ons ontspan lekker by die see met die heerlike klimaat en pragtige strande van die Suidkus. Twee daguitstappies: Shelley Beach wat die  Oribi Gorge insluit,  asook Durban met Ushaka Marinekomplek en dolfynvertoning. Oppad terug na Bloemfontein maak ons  ‘n draai in die bekoorlike Midlands Meander.