Seweweekspoort, Overberg, Malgas & Karoo Nasionale Park

7 - 13 September 2020

7 DAE  |  6 NAGTE

‘n Area welbekend vir sy asemrowende natuurskoon van berge, vrugteboorde, wingerde, see en walvisse! Hoogtepunte is ‘n trekkerrit in die Langeberge by Montagu en ‘n besoek aan die kunstenaarsdorpie, Greyton en Genadendal aan die Riviersonderendberge. Die Hemel-en-Aarde vallei neem ons na Hermanus. Daar is geleentheid om met ‘n bootvaart, walvisse van naderby te aanskou. Ons reis verder oor Cape Agulhas na Malgas waar ons die Breederivier kruis met die historiese pont. Verseker ‘n hoogtepunt van die toer is die Seweweekspoort en Bosluiskloof Natuurreservaat in die Swartberge. Ons kuier die laaste aand saam in die Karoo Nasionale Park met die rustigheid en natuurskoon van die pragtige Karoo.

kontak ons