Kruger Wiltuin, Mapungubwe- en Marakele Nasionale Parke

12 - 19 Maart 2021

8 DAE  |  7 NAGTE

Hierdie toer is vir diegene wat die ongerepte Afrika skoonheid en rustigheid van die natuur en wonders van die skepping kan geniet en waardeer. SANPARKE regoor Suid Afrika sorg vir onvergeetlike besoeke, asemrowende tonele en kosbare herinneringe.   

Ons fokus op die noordelike streek van die alom bekende Kruger Wildtuin en van daar besoek ons die misterieuse Mapungubwe met sy argeologiese skatte en unieke natuurskoon. 

Die toer sluit af met ‘n besoek aan Marakele Nasionale Park wat geleë is in die hartjie van die Waterberge.

kontak ons