Jy's nie 'n toeris nie, maar avonturier!
OPKOMENDE TOERE

Kaapstad, Skiereiland, Boland, Overberg en Seweweekspoort
17 – 24 September 2024
Op aanvraag
Hierdie toer neem ons deur die bittermooi Karoo na ons Moederstad. Met die N1 reis ons oor Laingsburg en Matjiefontein na Kaapstad. Ons program is vol interessanthede: Die Taalmonument, Tafelberg, Kirstenbosch en Robbeneiland.

The South African 4×4 Outdoor Show te Pretoria
7 – 8 September 2024
Op aanvraag
South African 4×4 & Outdoor Show is ‘n geleentheid propvol van hoë gehalte en stel die maatstaf in die 4×4 & Buitelugbedryf in SA
GEWILDSTE TOERE

Hogsback, Bedford en Somerset-Oos Tuine
OKTOBER 2024
Op aanvraag
‘n Naweek van inspirasie en bewondering vir tuine wat so vroeg as 1884 aangeplant is en oor geslagte heen in stand gehou en gekoester word vir ‘n pragtige erfenis.
Hogsback, hoog in die Amatolaberge, se tuine word besoek, asook tuine in Bedford en op plase in die omgewing.

Kgalagadi Nasionale Park en Witsand Natuurreservaat
18 – 22 Oktober 2024
Op aanvraag
In die Kgalagadi Nasionale Park beleef ons asemrowende natuurtonele (diere, voëls en sonsondergange). Ons word verkwik met rustigheid en word vermaak met die geroep van jakkalse, terwyl ons om die braaivleisvuur sit.